Colin McGinn

Colin McGinn
Gebore 10 Maart 1950
West Hartlepool, graafskap Durham, Engeland
Blyplek Miami, Florida
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Alma mater BA (Hons), sielkunde, Universiteit van Manchester (1971)
MA, sielkunde, Universiteit van Manchester (1972)
BPhil, filosofie aan die Universiteit van Oxford (1974)
Bekend vir Nuwe misterianisme

Colin McGinn (* 10 Maart 1950) is 'n Engelse filosoof aan Miami Universiteit.[1] Hy is primêr bekend vir die bevordering van 'n filosofiese siening bekend as die Nuwe misterianisme, wat deel is van die geestesfilosofie. Volgens die Nuwe Misterianisme beskik die menslike verstand nie fundamenteel oor die vermoë om homself volkome te verstaan nie. Dit is volgens McGinn die rede waarom die mens dit so moeilik vind om sy bewussyn te verstaan. McGinn se antwoord op die ingewikkelde probleem van bewussyn is dat die mens uiteindelik nie die antwoord kan bekom nie. Colin McGinn is ook 'n fiksieskrywer.

  1. Seth Zweifler, "Prominent Philosopher to Leave U. of Miami in Wake of Misconduct Allegations", Chronicle of Higher Education, 4 June 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy